Road Running Trail Running
Bo Karoo Vasbyt Trail Run
Free Entry
More InfoDate
Tuesday, 25 April 2023
Location
Orania, Northern Cape
Distances
55km, 100km
Race Description
Die Bo-Karoo Vasbyt is n wonderlike gebeurtenis wat een maal per jaar in Orania plaasvind. Tydens hierdie geleentheid kry elke deelnemer die kans om deel te neem in sy/haar gekose dissipline: fietsry of draf.
Omrede deelname aan die Bo-Karoo Vasbyt die ideale geleentheid is om nader kennis te maak met die Afrikanerkultuur en -herkoms, is die besluit geneem om opwindende temas vir die volgende agt jaar te kies. Die beelde-koppie, waar verskeie borsbeelde van prominente leiers uit ons geskiedenis ten toon gestel word, gaan die bron wees van verskillende temas waarop daar in hierdie tydperk gefokus word.
Elke jaar se tema sal weerspiel word in beide die ontwerp van die kleredrag en die bemarkingsmateriaal van daardie jaar. n Kort outobiografie van die leier wat in daardie betrokke jaar die fokus vorm, sal ook beskikbaar gestel word. Elke deelnemer sal hul hemde met trots kan dra en met n stukkie van ons herkoms teruggaan huis toe.
Ons vertrou dat elkeen saam met ons opgewonde is oor die rigting wat ons inslaan met die Vasbyt en dat julle jul vriende sal vertel en uitnooi om te kom deelneem aan die Bo-Karoo Vasbyt in Orania.
Sterkte en geniet julle unieke Vasbyt-ervaring!