Orania Helpmekaar Vasbyt
MTB Trail Running

Orania Helpmekaar Vasbyt

From ZAR 500

More Info

Date

Thursday, 30 April 2026

Location

Orania, Northern Cape

Distances

36km, 71km, 74km, 150km

Race Description

Die Orania Helpmekaar Vasbyt is meer as net ’n stap-, draf- of fietsrygeleentheid, dit is ’n belewenis van Orania as gemeenskap. Wat in 2016 begin het as ’n droom, het gegroei tot ’n gewilde drie-dag fees van uithouvermoë, kultuur en samehorigheid in die hart van die Bo-Karoo. Terwyl deelnemers hul staal wys op pragtige roetes, kan die hele gesin die dorp en sy mense beleef met stalletjies, musiek, dorpstoere, restaurante en lekker kuier in die feestent. Alle fondse vloei na Orania Helpmekaar, die maatskaplike organisasie wat Orania se mense ondersteun. Met professionele tydhouers en hope geselligheid wag daar weer hope pret en betekenis, soortgelyk aan die hoogtepunte van 2025, maar met nuwe verrassings.